LIMPOPO. – Die familie van ’n driejarige kind moes tot ná middernag langs die liggaam wag na ’n tref-en-trap-ongeluk op 31 Julie 2021 die kind se lewe geneem het.
Familie wag bykans 11 ure
Die kind se ma is ook tydens die ongeluk beseer en is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas. Alhoewel die ambulans spoedig op die toneel was, moes die familie ure en ure vir die departement van gesondheid se patologiediens wag om die liggam van die kind te verwyder.
Volgens Maroela Media het die familie bykans 11 ure gewag terwyl die liggaampie langs die pad gelê het.
Die verdagte het van die toneel gevlug, maar is later deur gemeenskapslede opgespoor en na die toneel teruggebring. Die verdagte se voertuig is toe aan die brand gesteek.
’n Saak van strafbare manslag word nou ondersoek.
LEES OOK: Man erg beseer toe motor op nat pad gly



