Man erg beseer toe motor op nat pad gly

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – ’n Man (23) is ernstig beseer toe sy motor op die nat pad in Baywater gegly het en teen ’n boom gebots het.

Paramedici van Med247 het reageer en by hulle aankoms ’n jong man in die voertuig vasgevang gevind. Die motor het op sy dak gelê.

Gespesialiseerde toerusting moes gebruik word om die jong man te bevry voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal met ernstige beserings gehaas is.

LEES OOK: Lewenslank vir verkragting van 12-jarige