Huisbraakverdagte in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ’n Huisbraakverdagte is gister in hegtenis geneem nadat daar by verskeie huise in Rhodesdene, Kimberley, ingebreek is.

Huisbraakverdagte betrap

Lt.kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Saterdag vinnig gereageer op inligting van huisbrake en diefstal in die Rhodesdene-area in Kimberley.

“By hulle aankoms op die toneel het lede een verdagte met gesteelde goedere in sy besit gevind. Die verdagte is deur gemeenskapslede vasgetrek.

Skootrekenaars, juwele en ander toebehore is teruggevind en die verdagte is in hegtenis geneem.

Die 23-jarige verdagte sal binnekort op aanklag van huisbraak en diefstal in die Kimberley-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Man erg beseer toe motor op nat pad gly

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.