VRYSTAAT. – Nzimeni Faniswa (34) is Donderdag 12 Augustus 2021 in die Brandfort-streekhof tot lewenslange tronkstraf vir die verkragting van ’n 12-jarige meisie gevonnis.
LEES OOK: Britney Spears kry weer beheer oor haar eie lewe
Verkragting van minderjarige
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoorvoerder, sê die slagoffer was op 16 November 2019 alleen tuis nadat haar tannie saam met Faniswa na ’n nabygeleë taverne gegaan het.
Sonder dat die tannie geweet het, het Faniswa die taverne verlaat en teruggegaan na die huis waar hy die 12-jarige meisie verkrag het. Daarna het hy weer na die taverne teruggekeer.
Meld verkragting by polisie aan
Die slagoffer het haar tannie die volgende oggend van die insident vertel en die tannie het dit by die polisie aangemeld.
Die verdagte is in hegtenis geneem en later skuldig bevind.
LEES OOK: Facebook-verkragter swaar gestraf
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



