Britney Spears is na 13 jaar en vele hofgevegte later, weer in beheer van haar eie lewe en finansies.
Na maande van toenemende druk van die publiek en passievolle Britney Spears-aanhangers, tree Britney se pa, Jamie Spears, amptelik uit as kurator van haar voogdyskap.
Britney se pa wil openbare stryd vermy
Jamie Spears het deur sy prokureur gesê alhoewel daar “geen werklike gronde is om hom uit die voogdyskap te skors of verwyder nie,” hy ’n openbare stryd met sy dogter wil vermy.
Jamie se bedanking kom nadat Britney deur die hof toestemming gegee is om haar eie regsverteenwoordiging aan te stel. Nadat sy die Hollywood-advokaat Matthew Rosengart as haar amptelike advokaat aangestel het, het Rosengart vinnig ’n versoekskrif ingedien dat Jamie onmiddellik verwyder word as die kurator van Britney se voogdyskap.
LEES OOK: Kimberley Online Co. vierde uitgawe nou beskikbaar
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



