GAUTENG. – Reeksverkragter, Thokozani Jiyane (23), staan bekend as die Facebook-verkragter omdat hy die sosiale platform gebruik het om niksvermoedend vroue met die belofte van werk te lok en hulle dan verkrag het.
LEES OOK: Britney Spears kry weer beheer oor haar eie lewe
Facebook-verkragter het altesaam 27 vroue verkrag
Jiyane is in die Johannesburg-hooggeregshof tot agt keer lewenslank vir die verkragting van 10 vroue, sowel as ’n addisionele 223 jaar vir die verkragting van 17 vroue, roof met verswarende omstandighede, twee aanklagte van ontvoering, aanranding en drie aanklagte van bedrog gevonnis.
Hy het sy skrikbewind in 2019 in Reigerpark, Boksburg begin en homself op Facebook voorgedoen as iemand wat in die filmbedryf is. Hy het vroue wat desperaat is vir werk gelok en hulle op ‘n besigheidsafspraak gewurg en verkrag voordat hy hulle van hulle besittings beroof het.
Slagoffers kom van ver af
Jiyane se slagoffers het van so ver as Middelburg in Mpumalanga, Hammanskraal, KwaMhlanga, Soweto, Vosloorus en Westonaria gekom.
LEES OOK: Kimberley Online Co. vierde uitgawe nou beskikbaar
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



