‘n Vrou (29) het haar Woensdagoggend aan die polisie oorhandig vir die moord op haar skoonsussie wat op 10 Augustus plaasgevind het.
Die polisie het Dinsdagaand om 19:33 ‘n oproep ontvang oor ‘n moord wat in Tshangisastraat plaasgevind het.
Volgens die polisie het hulle op die lyk van die 49-jarige Buyelwa Zipeda afgekom. Sy het ‘n steekwond aan haar bolyf gehad en is op die toneel dood.
Volgens getuies was Zipeda en die verdagte in ‘n bakleiery betrokke toe Zipeda met ‘n mes aangeval is.
Die verdagte is op aanklag van moord in hegtenis geneem en het gister in die Gqeberha-landdroshof verskyn.



