KIMBERLEY. – ’n Vragmotorbestuurder is deur die polisie se soek-en-reddingspan gered nadat sy trok langs die pad tussen Kimberley en Barkly-Wes in die water beland het.
Lt. kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê lede is omstreeks 07:00 vanoggend na die toneel op die R31 tussen Barkly-Wes en Kimberley uitgeroep.
“Die drywer het na bewering beheer oor die vragmotor verloor en die trok het in die rioolwater langs die pad beland. Die pad in onmiddellik afgesper en ’n reddingspoging is aan die gang gesit.”
Die bestuurder van die trok (31) is sonder enige besering na veiligheid gebring. Die trok is ook suksesvol uit die water verwyder.
LEES OOK: Familie wag ure langs liggaam van kind na tref-en-trap





