Verkragter deur slagoffer se broer in tronk doodgemaak

Deel hierdie storie / Share this story

WASHINGTON. – ‘n Verkragter is deur een van sy slagoffers se broers in die tronk doodgemaak nadat hulle toevallig in dieselfde sel beland het.

Shane Goldsby (26) vertel hy het geknak nadat Robert Munger (70) hom geterg het deur besonderhede oor die verkragting aan hom te vertel. “Munger wou my heeltyd meer besonderhede gee oor wat gebeur het, wat hy gedoen het, die foto’s en die video’s van hom wat hierdie dinge doen. Alles het net opgebou.”

Verkragter in tronk doodgemaak

Goldsby het aan Washington se departement van korrektiewe dienste gevra om ‘n ander selmaat toegestaan te word, maar dit het nooit gebeur het. Korrektiewe dienste was na bewering nie bewus dat dié twee mekaar “ken” nie.

Goldsby het Munger van agter in die gevangenis genader en hom 14 keer in die gesig geslaan. Daarna het hy Munger minstens vier keer op sy kop getrap voordat hy weggeloop het. Hy het daarna aan Munger se familie om verskoning gevra.

Hy is tot ‘n verdere 25 jaar tronkstraf gevonnis. Goldsby is in 2017 gevonnis nadat hy ‘n polisievoertuig gesteel het.

Bron: KHQ

LEES OOK: Dodelike virus in Wes-Afrika aangeteken, sterftesyfer van 88%

LEES OOK: Twee-jarige verdwyn, polisie soevrou vir inligting

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.