Shaine Griqua Advies- en ontwikkelingsentrum maak hul harte oop

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – In Shaine Griqua se stem kan jy die passie om sy medemens te help, hoor. Terwyl ander hulle rug op behoeftige mense draai, maak Shaine sy hart oop en bied aaan om die ekstra myl te stap.

Die Shaine Griqua Advies- en ontwikkelingsentrum, ‘n gemeenskapsprojek in Kimberley, is in Desember 2014 deur John Jeffrey, adjunk-minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gestig. Sedertdien lewer die organisasie ‘n verskeidenheid dienste aan behoeftiges. Die organisasie het vyf permanente mense en 10 vrywilligers op bystand.

“Daar waar daar ‘n nood is, daar help ons. Ons het meer as 5 000 mense op ons databasis wat ons hulp nodig het. Ons deel kos uit, deel klere uit, verskaf badkamerbenodighede en bied berading aan families, groepe en individue,” vertel Shaine.

“Ons doen ‘n verskeidenheid van berading. Ons verskaf berading aan mense met MIV/VIGS, Covid-19, diabetes en ander siektes wat jou lewe negatief beïnvloed. Ons maak ook verwysings na betrokke belanghebbendes indien dit nodig is.” Behalwe vir bogenoemde het die organisasie ook talle mense tydens die pandemie geneem om vir die maatskaplike toelae aansoek te doen en hulle kinders aanlyn vir skool te registreer.

Shaine Griqua Advies- en ontwikkelingsentrum maak staat op skenkings van die gemeenskap. Shaine vertel daar is slegs ‘n handjievol besighede wat op ‘n gereelde basis vir hulle kos skenk.

“Covid-19 het ons baie negatief beïnvloed. Daar is ‘n groot leemte, mense is honger. Kinders wil voor skool graag ‘n bordjie pap eet. Ons moet daar wees vir die mense.”

Indien jy ‘n skenking kan maak, skakel Shaine Griqua by 062 299 6061.

LEES OOK: Wiskunde – geen probleem te groot vir Daniel nie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.