JOHANNESBURG. – ‘n Leerling (18) en haar ma het die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) gevra om hul ondersoek na bewerings dat die leerling hardhandig deur ‘n polisiebeampte hanteer is, te stop.
Dit volg nadat ‘n video verlede week waarin die leerling hard skree terwyl sy “hardhandig” deur die polisie hanteer word, opslae gemaak het. Volgens EWN word daar beweer die leerling wou glo nie ‘n masker dra nie en is toe deur die polisie voorgekeer.
Ma wil nie video laat ondersoek nie
Opod het aan EWN gesê die ma en dogter wil nie ‘n strafregtelike saak teen die betrokke beamptes aanhangig maak nie. Jennifer Ntlatseng, direkteur van die direktoraat, het gesê die familie beweer ook dat die saak “uit verhouding” geruk is.
Die ma wil glo net tydens die situasie gerespekteer word en hulle het ingestem om die saak nie verder te neem nie.
LEES OOK: Video waarin beamptes meisie hardhandig hanteer, word ondersoek
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



