Tweejarige verdwyn, polisie soek vrou vir inligting

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Klein Chevron Carol (2) het verlede week buite haar huis op Kirkwood verdwyn.

Die polisie versoek Vernonique Willemse, ’n persoon van belang in die ondersoek, om die ondersoekbeampte te kontak. Sy kan moontlik help met die ondersoek.

Sers. Majola Nkohli , polisiewoordvoerder, sê die tweejarige kleuter is verlede Donderdag om 10:00 laas gesien terwyl sy buite haar huis in Suikerbekkiestraat in Bergsig gespeel het.

Meisie verdwyn voor huis

Die polisie het verskeie leidrade gevolg om die kleuter op te spoor. Daar word nou vermoed dat sy vermoedelik êrens in Addo is en die polisie ondersoek ’n saak van ontvoering.

Enigiemand met inligting oor waar sy moontlik kan wees, moet die ondersoekbeampte, a.o. Mbulelo Grootboom by 072 732 5132 of Crime Stop by 08600 10111 kontak.

LEES OOK: Fratsongeluk toe pa per ongeluk seun (3) op plaas doodry

LEES OOK: Drostdy-seun dood in koshuisbed gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.