WORCESTER. – ‘n Hoërskool op die dorp het hulle medelye betoon nadat ‘n Drostdy-seun, Aiden Rossouw (15), Maandagoggend dood in sy koshuisbed aangetref is.
Die skool het die nuus die week op hulle Facebook-blad bekendgemaak.
Dood van Drostdy-seun onbekend
“Dit is met groot skok en leedwese dat ons u moet inlig dat een van ons graad 10-leerders, Aidan Rossouw (15), gisternag skielik oorlede is. Ons vra u om saam met ons in gebed in te tree vir sy ouers, familie en vriende in hierdie verskriklike moeilike tyd.”
Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie en ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak te bepaal. Die skool het ook bekendgemaak daar sal beraders by die skool vir leerders en personeel beskikbaar wees
LEES OOK: Verdagte verskyn na Jaco Geldenhuys se liggaam gevind is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



