KWAZULU-NATAL. – ‘n Groot ongeluk gister op die N2, waarin ‘n vragmotor wat drank vervoer het, betrokke was, het die lewe van drie mense geëis.
IPSS Medical Rescue was op die toneel tussen Stanger en Zinkwazi. Verskeie voertuie, waaronder ‘n vragmotor wat bier vervoer het, was in die ongeluk betrokke. Sewe mense is tydens die ongeluk beseer, waarvan drie noodlottige beserings opgedoen het.
Vragmotor tref ander motors
Nog twee persone was kritiek en twee ander was in ‘n ernstige toestand. Volgens IPSS Medical Rescue se verklaring het hulle gevorderde lewensondersteunende paramedici, saam met ander noodeenhede, probeer om al die beseerdes te behandel, maar pogings is belemmer deur plunderaars wat die vragmotor glo van sy vrag besteel het.
Daar word beweer dat ‘n voertuig verskeie voertuie verbygesteek het toe dit beheer verloor het en die vragmotor getref het. Die vragmotor het ook daarna ander motors getref.
LEES OOK: Fratsongeluk toe pa per ongeluk seun (3) op plaas doodry
LEES OOK: Drostdy-seun dood in koshuisbed gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



