Bekende Nightbirde moet onttrek aan America’s Got Talent

Deel hierdie storie / Share this story

Jane Marczewski, of beter bekend as Nightbirde, het op haar Instagram-profiel bekendgemaak dat sy weens haar stryd met kanker uit die talentkompetisie America’s Got Talent moes onttrek.

Die 30-jarige Nightbirde van Ohio het in Junie vanjaar groot opslae gemaak toe sy ‘n liedjie wat sy self geskryf het, getiteld It’s Okay, gesing het.

In die inskrywing, wat sy met haar meer as 700 000 volgelinge gedeel het, sê sy haar gesondheid het sedert haar oudisie baie verswak en dat sy baie hartseer is om uit die kompetisie te moet onttrek.

Lees ook: Vier beseer in tromp-op botsing

“Die lewe gee nie altyd die kans wat ‘n mens verdien nie, maar dit het ons reeds geweet.”

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.