Die ma van drie het haar na TikTok gewend toe sy met nageboortedepressie gediagnoseer is. Juana Witty (28) se TikTok-video het 3 miljoen views bereik.
Volgens IOL het haar video ‘n groep ouers aangespoor om ‘n ondersteuningsgroep op Facebook te vorm wat Witty sal ondersteun.
“My foon het aanhoudend gelui. Mense het kommentaar gelewer en vir my gesê dat hulle daar is vir my en om hulle te bel as ek iets nodig het, het Witty gesê.
Die ma van drie het baie ondersteuning ontvang
Witty verduidelik sy het drie kinders, ouderdom 9 jaar, 2 jaar, en 3 maande, en sy het tot en met Junie nie geweet van nageboortedepressie nie.
“Die geboorte van ‘n baba kan ‘n reeks kragtige emosies veroorsaak, van opgewondenheid en vreugde tot vrees en angs. Dit kan ook depressie tot gevolg hê, ”het dr. Bavi Vythilingum, ‘n psigiater by Akeso Kenilworth Clinic, gesê.
Vythilingum sê hierdie tekens is waarna jy moet oplet vir nageboortedepressie
- gebrek aan genot en verlies aan belangstelling in die buitewêreld
- gebrek aan energie en konstante moegheid
- sukkel om snags te slaap
- sukkel met die baba
- probleme om te konsentreer en besluite te neem
- skrikwekkende gedagtes – byvoorbeeld om die baba seer te maak of jouself te benadeel
- gedagtes van selfdood
As jy of iemand anders van hierdie simptome ervaar, raadpleeg ‘n dokter of kontak die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) by 0800 21 22 23.



