KENYA. – ‘n Ma, Gentrix Wekesa (30), met 10 kinders, sê haar man weier enige vorm van voorbehoeding as gevolg van tradisie. Hy wil hê hulle moet altesaam 22 kinders hê.
Wekesa is tans swanger met haar 11de kind. Sy is ook die enigste broodwinner van die gesin en sê sy is oorweldig deur al die werk wat dit behels om na almal om te sien.
Ma van 10 kinders is weer swanger
Volgens haar man is dit nie ‘n prestasie om min kinders te hê nie. Wekesa het bygevoeg dat haar man meer kinders wil hê sodat hulle hul in die toekoms kan help.
Sy vertel sy het eenkeer voorbehoeding gaan haal by die kliniek. Met haar aankoms by die huis het haar man woedend en gewelddadig geraak. Hy het haar dadelik terug kliniek toe geneem.
Kyk hier na die onderhoud:
LEES OOK: Fondsinsameling gee ma (35) met kanker weer nuwe hoop
LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



