KWAZULU-NATAL. – ‘n Beseerde apie is Woensdagaand om 19:25 gered nadat hy langs die pad in ‘n informele nedersetting gevind.
Reaksie-eenheid Suid-Afrika (RUSA) is na Hercuslaan in Tongaat ontbied deur ‘n inwoner wat die beseerde apie langs die pad aangetref het. Die reaksiebeamptes het by die informele nedersetting opgedaag en gevind dat die dier met albei oë geswel langs die pad sit. Die beamptes het daarna die Ballito Monkey Rescue ontbied.
X-strale geneem van beseerde apie
RUSA skryf op hulle Facebook-blad Craig Johnson van die Ballito Monkey Rescue Helpline het die voorval bevestig. Hulle sal vanoggend X-strale neem om te bepaal of daar ‘n koeël in sy skedel is.
Uitslae van die X-strale word Donderdag verwag.
LEES OOK: Fondsinsameling gee ma (35) met kanker weer nuwe hoop
LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



