Ashton en Mila: ‘Kinders moenie te veel gebad word nie’

Deel hierdie storie / Share this story

Ashton Kutcher en Mila Kunis het onlangs heelwat kommentaar uitgelok toe hulle gesê het hulle glo nie daarin om hul kinders of hulself te veel te bad nie.

“Ek het as kind in ‘n huis sonder warm water grootgeword, dus het ek in elk geval nie baie gestort nie,” het Kunis gesê. Dit het blykbaar voortgegaan met haar en Kutcher se twee kinders, Wyatt (6) en Dimitri (4). Kunis sê veder sy was nie daardie ouer wat haar pasgebore kinders gebad het nie.

“En noudat hulle ouer is, het ek en Kutcher ‘n stelsel. As jy die vuillis daarop kan sien, maak dit skoon. Anders is daar geen punt nie.” Kutcher sê hy was darem daagliks die “belangrike dele en niks anders ooit”. Hy sê verder dat hy soms ‘n bietjie water oor sy gesig gooi na ‘n oefensessie. Kunis was haar gesig twee keer per dag.

Die gesprek het begin nadat Monica Padman op haar potgooi (podcast) gesê het sy voel mens moenie elke dag met seep was nie, want dit raak ontslae van die natuurlike olies op jou vel.

LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.