Tatjana Schoenmaker verower eerste medalje vir SA by Olimpiese Spele

Deel hierdie storie / Share this story

Tatjana Schoenmaker het Dinsdagoggend Suid-Afrika se eerste medalje by die Olimpiese Spele verower en ook ‘n nuwe Afrika-rekord opgestel.

Sy het tweede gekom in die 100 m-borsslag en sê sy wou Suid-Afrika hoop gee en wys waartoe haar land se mense in staat is.

Suid-Afrika het in 2016 geen vroulike swemmers na die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gestuur nie, maar Schoenmaker kan vanjaar die medaljes vir Suid-Afrika laat inrol.

Schoenmaker sal Donderdag aan die 200 m-borsslag deelneem.

Lees ook: Arend weer vry na sy gered word

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.