SKOTLAND. – Drie mense is oorlede en een is kritiek na ’n verdrinkingsvoorval Saterdag by ’n meer naby Pulpit Rock, Ardlui. Twee volwassenes van 29 en 41 jaar oud, sowel as ’n kind van nege jaar oud het tydens die insident omgekom. ’n Tweede kind van sewe jaar oud is tans kritiek in die hospitaal.
LEES OOK: Twee vermeende vals dokters in hegtenis
Drie oorlede en een kritiek na reddingspoging
Volgens ’n polisieverklaring het die polisie omstreeks 18:40 op die toneel opgedaag. Nooddienste was op die toneel met ’n reddingspoging, maar drie mense is op die toneel dood verklaar.
Familie in kennis gestel
Alhoewel die oorledenes se identiteit nog nie bekend gemaak is nie, is hulle familie in kennis gestel. Die oorledenes in ’n 29-jarige vrou, 41-jarige man en ’n 9-jarige kind.
Die sewejarige kind wat die insident oorleef het en tans kritiek is, is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.
LEES OOK: Ma verloor drie seuns op een slag
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



