WOLMARANSSTAD. – Twee persone wat hulle na bewering as dokters voorgedoen het, is in hegtenis geneem. Ester Gogo Motaung (45) en Ditaba Daniel Kati (27) het Vrydag vlugtig in die landdroshof op Wolmaransstad verskyn ná hulle deur die Valke in hegtenis geneem is.
LEES OOK: Reeksverkragter agter tralies
Vals dokters doen hulle as regte dokters voor
Kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigdes het hulself as dokters voorgedoen terwyl hulle geen kwalifikasies gehad het of geregistreer was nie.
“Die beskuldigdes is op Wolmaransstad by hul spreekkamers in hegtenis geneem omdat hulle as dokters gepraktiseer het terwyl hulle nie gekwalifiseer was nie en ook nie by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika geregistreer was nie.”
Werk glo al vir 3 jaar as dokters
Die twee werk na bewering al vir drie jaar as dokters en het selfs by takke op Ventersdorp en in Bloemfontein gewerk. Hulle het glo mense R350 vir ’n konsultasiefooi gevra.
Op borgtog vrygelaat
Albei beskuldigdes is Vrydag op borgtog van R2 000 vrygelaat. Hulle staar 4292 aanklagte in stryd met Wet 56, Artikel 12 (2A) van die Wet op Gesondheidsberoepe van 1974 in die gesig. Die saak is uitgestel tot 30 Augustus 2021 vir verdere ondersoek.
LEES OOK: Drie weke oue baba glo ontvoer
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



