Ouma verwurg kleinkind wat dreig om weg te loop, met das

Die Crown Law Office het teen die aanvanklike vonnis appelleer.

Ouma verwurg kind wat dreig om weg te loop

Ouma verwurg kind wat dreig om weg te loop Foto: Stuff

NIEU-SEELAND. – ‘n Ouma, Lorraine Smith, wat haar 13-jarige kleinkind verwurg het, is tot lewenslank gevonnis nadat sy eers 12 jaar in 2019 gegee is.

Kalis Smith is dood toe haar ouma haar in ‘n slaapkamer agter die huis waar hulle gewoon het, vermoor het. Lorraine en haar kleindogter het die hele aand op die betrokke dag gestry, terwyl Kalis gedreig het om weg te loop. Smith het Kalis na die slaapkamer gelok en gesê sy moet die vensters toemaak. Dit is toe dat die ouma ‘n das gegryp het voordat Kallis die kamer kon verlaat.

Ouma verwurg kind met das

Sy trek toe Kalis se hemp oor haar gesig voordat sy haar met die das begin wurg.

Lorraine is tot 12 jaar tronkstraf met ‘n minimum termyn van ses jaar gevonnis. Die regter, Francis Cooke, het bevind Lorraine se geestelike, emosionele en fisiese gesondheid het ernstig verswak en dit het tot die voorval gelei. Die Crown Law Office het teen die vonnis appelleer, waarna dié week besluit is om Lorraine tot lewenslank te vonnis.

“Ons kan nie die kwesbaarheid van Kalis, die vertroue wat gebreek is, die feit dat Lorraine op ‘n vasbeslote manier besluit het om Kalis te vermoor, minimaliseer nie. Dit is ook gedoen deur ‘n metode van moord te gebruik wat vir Kalis vreesaanjaend sou gewees het,” het die hof gesê.

LEES OOK: Dokter bring nag in tronksel deur na hy aandklokreël oortree

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *