Jade (4) met rare siekte gediagnoseer, benodig stamselskenker

Jade se pa sê hulle wil graag hê dat die internet oorvloei word met versoeke om as beenmurgskenkers te registreer.

Jade (4) met rare siekte gediagnoseer, benodig stamselskenker (Foto: DKMS Africa, Facebook)

Jade (4) met rare siekte gediagnoseer, benodig stamselskenker (Foto: DKMS Africa, Facebook)

Die 4-jarige Jade Ward het een Kersfees vreeslik siek geraak en is met Fanconi-bloedarmoede, ‘n rare siekte, gediagnoseer. Na behandeling, gereelde bloedtoetse en daaglikse groeihormoon-inspuitings, het sy nou dringend ‘n beenmurgskenker nodig.

Jade het ongelukkig nie broers of susters wat vir haar kan beenmurg skenk nie.

Jade is ‘n energieke, sorgelose en gelukkige jong mensie wat mal daaroor is om met haar maatjies te speel, maar is met hierdie rare siekte gediagnoseer.

Jason Ward, Jade se pa, sê hulle wil graag hê dat die internet oorvloei word met versoeke om as beenmurgskenkers te registreer, nie net vir Jade nie, maar om ander kinders of volwassenes wat dit ook nodig het, te help.

As jy tussen die ouderdom van 18 en 55 is en oor die algemeen gesond is, klik hier om as skenker te registreer.

Lees ook: Susters pak kankerstryd saam aan

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *