Ma wat baba glo doodmaak en in rivier gooi, kry R500 borg

Na ‘n deeglike ondersoek het die polisie Mokoena ondervra en sy het glo erken dat sy die misdaad gepleeg het.

Ma wat baba glo doodmaak en in rivier gooi, kry borg

Ma wat baba glo doodmaak en in rivier gooi, kry borg Foto: Flickr

PRETORIA. – ‘n Ma , Miemie Mokoena (28), wat na bewering haar een maand oue baba doodgemaak het en toe in ‘n rivier gelos het, is op borg van R500 vrygelaat.

Henry Mamothame, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Mokoena is borg toegestaan omdat sy goed saamgewerk het en ‘n vaste adres het.

“Mokoena het na bewering op 26 Junie 2021 die polisie na haar huis ontbied en ‘n saak van ontvoering oopgemaak. Sy het na bewering aan die polisie gesê dat twee gewapende mans na haar huis gekom het en haar baba weggeneem het. Die twee was na bewering op soek na haar kêrel.”

Iemand kry baba in rivier

’n Dag daarna het iemand van die gemeenskap ‘n baba in die rivier sien dryf. Die gemeenskap het dadelik die polisie daarvan in kennis gestel.

“Na ‘n deeglike ondersoek het die polisie Mokoena ondervra en sy het glo erken dat sy die misdaad gepleeg het. Sy word aangekla van moord, meineed en regsverydeling,” het Mamothame gesê.

Die saak is uitgestel tot 11 Augustus 2021 vir verdere ondersoeke.

LEES OOK: Egpaar op plaas in Ficksburg-omgewing met messe aangeval

LEES OOK: Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor ‘vergeet’ is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *