Ma vertel van ‘nagmerrie’ sedert haar seun se selfdood ‘n jaar gelede

Sy sê sy wil hê dat Herman steeds in hulle gedagtes voortleef.

Ma vertel van 'nagmerrie' sedert haar seun se selfdood 'n jaar gelede (Foto's: Huisgenoot)

Ma vertel van 'nagmerrie' sedert haar seun se selfdood 'n jaar gelede (Foto's: Huisgenoot)

Die 12-jarige Herman Odendaal se ma vertel hoe moeilik die afgelope jaar vir haar was ná sy selfdood presies ‘n jaar gelede.

Herman was glo Sondagmiddag op 20 Julie 2020 besig om buite te speel toe dit skielik stil geraak het. Omdat hulle ‘n groot erf het, het sy ma, Arina, nie onraad vermoed nie. Toe sy egter ná ‘n rukkie na hom gaan soek, het sy op sy liggaam afgekom. Sy het die nooddienste ontbied, maar dit was reeds te laat. Klein Herman is dood verklaar.

“Hy was ‘n sprankelende seuntjie,” vertel Yolanda Liddell in ‘n onderhoud aan Huisgenoot. “Hy het altyd baie gesels, maar die laaste tyd het hy stil geraak.”

Die briefie wat hy gelos het, het gelui: “I feel alone. They don’t want to be my friend. I am a loser.”

In ‘n onderhoud tussen Arina en Huisgenoot, vertel sy nou, ‘n jaar later, dat elke dag vir haar soos ‘n nagmerrie is, ‘n “roller coaster wat net nie wil ophou nie”.

“Ek dink nie ek kan vir enigiemand beskryf hoe moeilik dit is om ‘n kind te verloor nie, veral op só ‘n manier. Party dae was makliker as ander, maar partymaal gaan jy deur elke emosie in een dag.”

Sy sê dat om oor Herman te praat, haar baie in die laaste jaar gehelp het. Sy sê sy wil hê dat hy steeds in hulle gedagtes voortleef en sy naam moenie soos ‘n vloekwoord wees nie.

“Van al die dae was die verlange vandag nog vir my die ergste. Maar ek weet daar sal nog baie sulke dae wees. Dis party dae baie moeilik om aan te gaan, want die wêreld staan nie stil nie.”

Lees ook: Skok en hartseer ná selfdood van 13-jarige

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *