Skok en hartseer ná selfdood van 13-jarige leerling

Kaylee-Shaye sou ‘n kliniese sielkundige op 29 Junie gaan sien.

Skok en hartseer ná selfdood van 13-jarige leerling (Foto's: Maroela Media)

Skok en hartseer ná selfdood van 13-jarige leerling (Foto's: Maroela Media)

‘n Gedenkdiens vind Saterdag 12 Junie plaas vir Kaylee-Shaye, ‘n leerling aan die Laerskool Lynnwood in Pretoria-Oos wat Maandagaand haar eie lewe geneem het. Sy was 13 jaar oud.

Lisa Coetzer, Kaylee-Shaye se ma, het in ‘n onderhoud met Maroela Media gesê haar dogter het ‘n psigiater gesien en was vir drie weke reeds op antidepressante.

Kaylee-Shaye sou ‘n kliniese sielkundige op 29 Junie gaan sien – die vroegste wat haar ouers ‘n afspraak vir haar kon maak.

Lees ook: Kby-seun se selfdoodbrief

Haar ma beskryf haar in die onderhoud as iemand wat ‘n regte kunstenaarsiel gehad het en altyd diep oor dinge nagedink het.

Die laerskool het Woensdag ‘n foto van Kaylee-Shaye in die skool se voortuin geplaas waar ander leerlinge die geleentheid gehad het in blomme, briefies en teddiebere vir haar neer te lê.

Maroela Media vertel van die gedig wat een van Kaylee-Shaye se klasmaats vir haar geskryf het.

Foto: Maroela Media

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *