Van vandag af mag jy nie meer petrol of diesel in kanne by ‘n vulstasie volmaak nie. Dit is onwettig vir die vulstasie om brandstof op dié manier aan jou te verkoop.
Die nuwe reël is vanoggend deur Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, afgekondig. Die nuwe regulasie geld vir alle vulstasies in die land. Dit is ingestel om paniekaankope te stop.
Moenie petrol en diesel onnodig koop nie
Sedert die aankondiging dat die land moontlik ‘n brandstoftekort in die gesig staar, het mense van regoor die land na vulstasies gehaas om ekstra kanne vol petrol en diesel te maak. Die nuwe regulasies laat jou slegs toe om jou motor vol brandstof te maak. Enige ander manier van petrol en diesel koop, is onwettig.
Mantashe vra mense verder om nie tydens hierdie tyd deel te neem aan paniekaankope en onnodig brandstof te koop nie. Volgens die minister maak paniekaankope die situasie net erger.
LEES OOK: Brandstoftekort dalk SA se voorland indien onluste voortduur
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



