‘Normaliseer verhoudings met groot ouderdomsverskil’

“Ek vind hom baie aantreklik en ons persoonlikhede pas baie goed saam.”

"Normaliseer verhoudings met groot ouderdomsverskille"

"Normaliseer verhoudings met groot ouderdomsverskille" Foto: I heart Intelligence

CAMBRIDGE. – Baie sê ouderdom is net ‘n getal, maar wanneer is ‘n ouderdomsverskil net te groot? Sinead Warnes (26) en haar kêrel Daniel Long (42) wil verhoudings met ‘n groot ouderdomsverskil normaliseer.

Die twee, wat baie openlik is oor hulle verhouding op sosiale media, sê die 16 jaar ouderdomsverskil in hulle verhouding bring geen hindernisse mee nie. Warnes erken hulle kom baie aanlyn boelies teë wat vra of haar kêrel haar pa of oupa is en noem haar ook soms ‘n “gold digger”. Die ma van twee sê alhoewel baie dink sy is saam met Long vir sy geld, is dit glad nie die geval nie. Sy vertel sy werk hard en het tans twee werke.

Word geboelie oor ouderdomsverskil

Ondanks die geboelie sê Warnes aan Daily Mail dat dit soveel minder stresvol is om met ‘n ouer man uit te gaan as om by iemand van haar eie ouderdom te wees. Sy sê baie jonger mans het nog nie eers ‘n vaste werk nie en wil nog partytjie hou. Volgens haar is dit nie iets wat jy sommer by ouer man sal kry nie.

“Ek vind hom baie aantreklik en ons persoonlikhede pas baie goed saam. Nie een van ons gee om oor die haat wat ons oor ons ouderdomsverskil kry nie.”

Die twee het mekaar in 2020 ontmoet. Sy was aanvanklik ook bang oor die groot ouderdomsverskil, maar sy sê nou sy dink dit was liefde met die eerste oogopslag. Haar pa ondersteun ook haar verhouding met ‘n ouer man.

LEES OOK: Seuntjie (3) sterf na roetinebesoek aan die tandarts

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *