KYK: Nog plundery-video’s

KYK: Nog plundery-videos

KYK: Nog plundery-videos

Verskeie video’s van die plundery wat Dinsdag in Alexandra in Gauteng plaasgevind het, word steeds op sosiale media gedeel.

Werknemers moes Dinsdag vir hulle lewens vlug in Alexandra nadat skares kriminele en plunderaars op winkels in die dorp toegesak het.

Alhoewel Bheki Cele gesê het mense moet gearresteer word, het eNCA beeldmateriaal uitgesaai waar honderde mense met trollies en bakkies vol gesteelde goedere huise toe stap en ry. Die polisie en die weermag staan magteloos en toekyk. Die oortreders is nie in hegtenis geneem nie.

‘n eNCA-joernalis het vandag gesê dat hulle onveilig voel en dat sy nie voor die kamera verskyn nie, omdat sy probeer om agter die kameraman dop te hou dat hulle nie beroof word nie. Die weermag is nou onlangs in die dorp op patrollie om die chaos te probeer beheer.

“Dit is anargie. Mense steel. Dit is krimineel wat hier aangaan,” sê die joernalis.

Die betogings en plundery het Vrydag begin na die inhegtenisname van oudpres. Jacob Zuma.

Lees ook: KYK: Rotsstorting op Tafelberg

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *