Vrou (90) met twee Covid-19-variante besmet, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

BELGIë. – ‘n 90-jarige vrou het gesterf nadat sy gelyktydig met twee Covid-19-variante, die Alpha- en Beta-variante, besmet was.

Alhoewel die vrou reeds in Maart oorlede is nadat sy in ‘n hospitaal in die Belgiese stad Aalst opgeneem is, het Belgiese wetenskaplikes eers Sondag berig dat sy met twee variante – die Alpha, wat eers in Brittanje ontstaan ​​het en Beta, wat die eerste keer in Suid-Afrika opgespoor is – besmet is.

Covid-19-variante moet ondersoek word

Met haar aankoms by die hopsitaal het sy positief vir die virus getoets. Haar suurstofvlkke was aanvlanklik goed en sy het nie asemhalingsprobleme gehad nie. Sy het glo egter vinnig asemhalingsimptome ontwikkel en het vyf dae later gesterf.

Volgens dokter Anne Vankeerberghen, molekulêre bioloog en skrywer van ‘n studie wat deur die Europese Kongres vir Kliniese Mikrobiologie en Infeksiesiektes (ECCMID) uitgereik is, was daar tot op hede nog geen ander soortgelyke gevalle van infeksies met twee variante nie. Sy sê ook dis baie belangrik om hierdie voorval deeglik te ondersoek.

“Dit is moeilik om te sê of mede-infeksies met twee variante ‘n rol gespeel het in die vinnige verswakking van die toestand van die pasiënt,” sê dr. Vankeerberghen.

LEES OOK: Hoogs aansteeklike Delta-variant in rioolwater gevind

LEES OOK: Lambda-variant: hoe vergelyk dit met die Delta-variant?

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.