Lees ook: KYK: Chaos in KZN, Gauteng weens Zuma-onluste

KYK: Chaos in KZN, Gauteng weens Zuma-onluste
14 mins ago Caria van der Merwe
Intussen is die Brookside-winkelsentrum ook aan die brand.

KYK: Chaos in KZN, Gauteng (Foto: Skermgreep)
Chaos woed steeds voort in KZN en nou selfs in Pretoria weens die inhegtenisneming van oudpresident Zuma.
Gewelddadige betogings vind steeds plaas op die R101 buite Pretoria, op die N12 in Port Elizabeth, en die M12 in Johannesburg.
Verskeie winkels is Sondag in Johannesburg geplunder toe onluste in die middestad plaasgevind het.
Die chaos in KZN het Vrydag uitgebreek toe oudpresident Jacob Zuma se aansoek deur die hof geweier is. Hy het Donderdag sy vonnis van 15 maande in die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal begin uitdien.
Intussen is die Brookside-winkelsentrum ook aan die brand.



