11-jarige wil ‘geneesmiddel’ vir die dood vind

Deel hierdie storie / Share this story

BELGIË. – Laurent Simons, ‘n 11-jarige met ‘n universiteitsgraad, beplan om mense vir altyd te laat lewe.

Simons het sy graad in fisika aan die Universiteit van Antwerpen voltooi nadat hy net een jaar studeer het, in plaas van die gewone drie. Hy het sy graad met ‘n punt van 85% voltooi, wat hoër is as enige van die ander studente s’n. Dus is hy die tweede jongste universiteitstudent na Michael Kearney, wat in 1994 ‘n graad in antropologie aan die Universiteit van Suid-Alabama behaal het toe hy net 10 was.

11-jarige se planne is uitgelê

Simons wil sy fisika-graad gebruik as “die eerste legkaartstuk” in sy doel om liggaamsdele deur meganiese dele te vervang. Hy verduidelik aan De Telegraaf, ‘n Duitste koerant, hy het reeds sy beplanning gedoen. Om al sy planne te implementeer, wil hy saam met die beste professore in die wêreld werk, hulle optredes bestudeer en uitvind hoe hulle dink.

Die familie het ook ‘n Instagram-profiel begin waar hulle mense op datum hou en Simons se vordering met sy aanhangers deel.

LEES OOK: Hoogs aansteeklike Delta-variant in rioolwater gevind

LEES OOK: Lambda-variant: hoe vergelyk dit met die Delta-variant?

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.