Mursi-stam se lipplate ‘n simbool van skoonheid en identiteit

Deel hierdie storie / Share this story

Vrouens van die Mursi-stam van Ethiopië se lipplate is ‘n simbool van hul skoonheid en identiteit. Die vrouens gaan die pynvolle prosedure deur om hul onderste lip op die jong ouderdom van 15 tot 16 te rek met ‘n ronde skyf. Sulke lipplate of -skywe is gewoonlik van hout of klei.

Volgens ICDO word ‘n meisie se lip op die ouderdom van 15 of 16 gesny, somtyds deur haar ma. Die lip word dan met ‘n prop oopgehou tot dit genees het. Sy, die meisie, kan dan self kies hoe groot sy haar lip gerek wil hê.

Die lipplaat is meer gewild onder jonger vrouens wat ongetroud of pas getroud is. Dit word net ingesit vir geleenthede soos om ‘n man met kos te bedien, koeie te melk of vir troues.

Enkellopende vrouens verkies egter om hul lipplate altyd in die openbaar te dra.

Na regte slaap ‘n man nie met ‘n vrou voordat haar lip nie gesond is nie, maar dit raak algemeen dat die mans reeds by die meisies slaap nog voordat hulle lippe gesny is.

Foto: Hadithi Africa

Mursi-stam se lipplate nie net ‘n simbool van skoonheid en identiteit nie

Die lipplaat simboliseer nie net ‘n vrou se skoonheid en haar identiteit nie. Dit dien ook as ‘n teken van getrouheid en liefde teenoor haar man. Die lipplaat word gedra wanneer die vrou die man met kos bedien.

Wanneer ‘n man afsterf, word ‘n vrou se lipplaat verwyder omdat die stam glo die man se dood gaan veroorsaak dat haar skoonheid vervaag.

Die lipplaat is eie aan die Mursi-stam en keer dat hulle nie verwar word met ander stamme nie.

Foto: Behance

Lees ook: Lady Gaga gee $500 000 beloning vir haar honde na skiet voorval