SWEDE. – Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig sowel as die agt valskermspringers is dood toe ‘n ligte vliegtuig Donderdagaand neergestort het.
Volgens die Sweedse polisie het die ligte vliegtuig ongeveer 160 km van Stockholm neergestort kort nadat dit opgestyg het. Almal wat tydens die voorval in die vliegtuig was, is dood. Die polisie beskryf dit dus as ‘n baie ernstige ongeluk.
Ligte vliegtuig styg net-net op
Die eerste minister, Stefan Lofven, het sy medelye betuig. “Dit is met groot hartseer dat ek die tragiese inligting oor die vliegongeluk in Örebro ontvang het,” het hy getwiet. “Ek dink aan die slagoffers, hul gesinne en geliefdes in hierdie baie moeilike tyd.”
Volgens die Sweedse ondersoekowerhede het iets in die middel van die aanloopbaan gebeur. Die vliegtuig het nie baie hoog opgestyg voordat dit na links beweeg het en neergestort het.
LEES OOK: Kleuter verdrink in bad toe ma vir oomblik uit badkamer gaan
LEES OOK: Pitbull val vrou aan wat met hond stap
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



