Die 26-jarige Perihandros Watkins van Kimberley in die Noord-Kaap het nou die geleentheid om sy drome as kunstenaar te verwesenlik.
Watkins het in 2019 aan die oudisies vir die International Models and Talent Association (IMTA) deelgeneem. Hy het later ‘n oproep ontvang dat hy een van min kunstenaars is wat gekies is om in Amerika aan IMTA te gaan deelneem. Hy vertel opgewonde dat as hy by die geleentheid raakgesien word, hy ‘n rol in ‘n fliek of selfs ‘n studiebeurs aangebied kan word.
Hy sê hy het as kind al sy liefde vir opvoerings en drama begin ontwikkel, toe hy gemaak het asof hy slaap wanneer sy ma op pad was om hom pak te gee. “Elke jaar by die kerk was daar ‘n opvoering van Jesus se geboorte en ek wou altyd die hoofrol, Josef, speel.”
IMTA sou aanvanklik in Julie 2020 plaasgevind het, maar weens die Covid-19-pandemie en die streng inperkings is dit heeltemal uitgestel. “Dit was eintlik ‘n blessing in disguise, want dit het mt nou die tyd gegee om die geld in te samel. Ek was weens finansiële probleme onseker oor of ek dit sal kan bywoon.”
Om dit te kan gaan bywoon, vertel Watkins dat hy minstens R100 000 benodig. Hy het reeds R7 000 ingesamel en hoop om deur middel van borge en donasies die res van die geld in te samel.
As jy miskien ‘n donasie wil maak, hier volg sy bankbesonderhede:
Capitec Bank,
Rekeningnommer: 1484209603
Watkins is ook ‘n finalis vir vanjaar se Mr Face of Northern Cape 2021.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



