Man verkrag sy meisie se 9-jarige dogter

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Die landdroshof in Pretoria het ‘n man, Duncan Ndlali (50), van Mamelodi tot dertig jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 9-jarige meisie verkrag het.

In Februarie 2019 het Ndlali omstreeks 7:00 na die oupa van sy meisie in Nellmapius gegaan. Sy meisie was nie tuis nie, sy was by ‘n begrafnis. Toe hy daar aankom, kry hy die kind in die kombuis en maak vir haar kos terwyl die oupa nog in sy kamer slaap.

Meisie vertel dat man haar verkrag het

Ndlali het die kind na ‘n ander kamer geneem, haar bo-op die bed neergesit en begin verkrag. Die kind het haar teëgesit en begin huil. Die kind se ma het later die dag by die huis aangekom. Die kind het toe aan haar ma vertel wat het gebeur. Die ma het dadelik die saak by die polisie aangemeld en Ndlali is in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding.

Ndlali het skuld ontken op die aanklag van verkragting. Hy is vandag tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.

LEES OOK: Kleuter verdrink in bad toe ma vir oomblik uit badkamer gaan

LEES OOK: Pitbull val vrou aan wat met hond stap

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.