Lady Gaga gee $500 000 beloning vir haar honde na skiet voorval

HOLLYWOOD. – Die pop ster se hondestapper is Woensdag geskiet toe hy met haar honde gaans tap het. Twee van die sanger se Franse bulhonde is gesteel- Gustav en Koji.

gaga

Foto: BBC

HOLLYWOOD. – Lady Gaga se hondestapper is Woensdag geskiet toe hy met haar honde gaan stap het. Twee van die sanger se Franse bulhonde, Gustav en Koji, is gesteel.

Volgens SABC het Gaga se drie Franse bulhonde tuis gebly in Hollywood terwyl sy in Rome ’n fliek gemaak het.

Gaga se hondestapper het Woensdagaand met haar drie honde gaan stap en is toe geskiet. Een van die honde, Miss Asia, het weggekom terwyl die ander twee gesteel is. Miss Asia is later weer gevind.

Drake Madison, polisiebeampte in Los Angeles, sê: “Kort voor 10:00 het ‘n man, met ‘n semi-outomatiese pistool, ‘n man in sy dertigs in Hollywood geskiet. Hy het in ‘n wit voertuig gevlug en twee Franse bulhonde gesteel.

Die beseerde man is na ’n hospitaal geneem.

Lady Gaga het gevra dat enigiemand wat die honde het ’n e-pos aan [email protected] moet stuur om die honde terug te gee en die beloning te eis. Sy sê daar sal geen vrae gevra word nie.

Die Franse bulhond is ’n baie gewilde ras en klein hondjies word vir duisende rande verkoop. Dis omhierdie rede dat hierdie honde al hoe meer gesteel word.

Foto: E! Online

Lees ook : Baarack die skaap van 34 kg se wol verlos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *