February 28, 2021

Baarack die skaap van 34 kg se wol verlos

AUSTRALIË. – Baraack, die skaap wat deur ’n veilige hawe vir diere gered is nadat hy vir baie lank in die wilderness was, is onherkenbaar nadat sy wol afgeskeer is.

Baraack

Foro: India Times

AUSTRALIË. – Baarack, die skaap wat deur ’n veilige hawe vir diere gered is nadat hy vir baie lank in die wildernes was, is onherkenbaar nadat sy wol vir die eerste keer in vyf jaar afgeskeer is.

Volgens India Times was die wol nie net swaar nie, maar het ook sy sig belemmer. Dit het die vrywilligers van Edgar’s Mission ’n uur geneem om al die wol af te skeer, ’n proses wat gewoonlik net minute neem. Hulle het 34 kg se vol afgeskeer.

Baarack was op ’n punt waar hy nie meer lank die swaar wol sou kon dra nie, hy was net betyds gered. Onder al die wol is baie stokke, takke en goggas gevind.

Baarack is nou besig om te herstel en gewoond te raak aan sy nuwe lewe by die dierehawe, weg van die gevare van die wildernes en ontslae van al die wol waarin goggas en stokke geskuil het.

Lees ook: Twee mans in hegtenis vir aanvalle op Tafelberg

Foto: India Times

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: