Twee mans in hegtenis vir aanvalle op Tafelberg

KAAPSTAD. – Twee manlike verdagtes sal vandeesweek in die Simonstown landdroshof verskyn.

Tafelberg

Foto: Eye Witness News

KAAPSTAD. – Twee manlike verdagtes sal vandeesweek in die Simonstad-landdroshof verskyn. Volgens Eye Witness News word die twee mans daarvan verdink dat hulle stappers in die Tafelberg Nasionale Park aangeval het.

Die twee verdagtes, wat deur veldwagters gevang is, het glo dwelms en wapens in hul besit gehad.

SANParke sê daar was die afgelope paar weke ‘n aantal aanvalle op gewilde staproetes, waaronder Signal Hill en die Tafelbergweg.

Lauren Howard-Clayton, woordvoerder, het gesê: “Die verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla word.”

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: