DA vra: ‘Waarom het hy by Nkandla aangekom met ‘n polisiekonvooi’

“Die voortgesette misbruik van openbare geld vir die ANC se interne twis moet tot ‘n einde kom.”

Bheki Cele gaan kuier ook by Jacob Zuma se woning

Foto: Twitter

Die Demokratiese Allkansie (DA) het na die ontmoeting tussen Bheki Cele, minister van polisie, en die voormalige president, Jacob Zuma, gesê hulle sal ’n klag teen Cele by die Etiekkomitee indien.

“Waarom het hy by Nkandla aangekom met die polisiekonvooi waarvoor die belastingbetaler betaal het?” het die hoofsweep van die DA, Natasha Mazzone, aan SABC-nuus gevra.

Interne twis moet tot einde kom, sê DA

“As openbare fondse by hierdie vergadering betrokke was, moet die geld terugbetaal word en die besonderhede van die vergadering openbaar gemaak word. Die voortgesette misbruik van openbare geld vir die ANC se interne twis moet tot ‘n einde kom.”

Cele het sy onlangse vergadering met Zuma verdedig en gesê dat dit nodig is met inagneming van die huidige ontwikkelinge in die land.

LEES OOK: Durban-strande: Twee volwassenes en twee kinders amper die naweek verdrink

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: