Ses mans met olifanttande gearresteer

PRETORIA. – Die ondersoek span van die Valke se ernstige georganiseerde misdaad eenheid het gister, 19 Februarie 2021, ses mans tussen die ouderdom van 27 en 40 jaar oud in hegtenis geneem vir die besit van olifanttande en oortreding van die Wet op die Omgewingsbestuur van die Biodiversiteit.

Olifanttande

Foto; Pixabay

PRETORIA. – Die ondersoekspan van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het gister 19 Februarie 2021 ses mans tussen die ouderdom van 27 en 40 jaar oud in hegtenis geneem vir die besit van olifanttande en oortreding van die Nasionale Wet op die Omgewingsbestuur van Biodiversiteit.

‘n Mediaverklaring, deur die direktoraat vir ondersoeke na prioriteit misdaad,  het gesê die operasie het plaasgevind op die King Shaka- internasionale lughawe nadat inligting ontvang is oor mans wat in besit is van olifanttande.

Drie mans is vasgekeer toe hulle die lughawe binnegery het en die voertuig is deursoek. Twee olifanttande, wat 8.1 kg weeg en ’n straatwaarde van R200 000 het, is in die voertuig gevind. Die mans is onmiddellik gearresteer nadat hulle nie ’n rede kon verskaf oor hoekom hulle dele van ’n bedreigde spesie besit nie.

Die ondersoek het die polisie na ‘n lodge in Durban-Noord gelei waar nog drie mans in hegtenis geneem is. Daar is beslag op hul voertuig gelê vir verdere ondersoek. Dit is verder ontdek dat die verdagtes in Durban was om ’n koper vir die olifanttande te soek.

Die verdagtes sal op Maandag 22 Februarie 2021 in die landdroshof in Verulam verskyn.

Lees ook: Ava is steeds vermis, help asb. vir Ava terugkry – R10 000 beloning

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: