Covid-19 en borsvoeding: Wat mammas moet weet

Dit is belangrik vir alle nuwe mammas om te weet dat hulle nie alleen is nie.

Covid-19 en borsvoeding: Wat mammas moet weet. Foto: Nikolay Osmachko

Covid-19 en borsvoeding: Wat mammas moet weet. Foto: Nikolay Osmachko

Borsvoed jy en het jy simptome van of is jy Covid-19 positief? Affinity Health beveel aan dat jy spesifieke stappe neem om te voorkom dat jy die virus na jou baba versprei.

Kundiges stem saam: moedersmelk is die beste voedingsbron vir die meeste babas en dit bied beskerming teen baie siektes, waaronder verskeie virusse.

Die koronaviruspandemie het egter daartoe gelei dat baie nuwe mammas met simptome of wat positief getoets is, ekstra angstig voel oor of dit veilig is om aan te hou om hulle baba te borsvoed.

Die kundiges sê tot dusver is dit veilig om jou baba te borsvoed. Navorsingsbewyse het getoon die virus kom nie in borsmelk voor nie en word ook nie deur borsmelk oorgedra word nie.

Moeders wat vermoed hulle het Covid-19 of positief getoets is, moet aanhou borsvoed, maar word aangemoedig om goeie higiëne te beoefen, soos:

  • Dra maskers
  • Was hande gereeld met seep en water of gebruik ‘n alkoholgebaseerde handontsmettingsmiddel
  • Maak oppervlaktes en baba-items gereeld skoon en ontsmet dit
  • As jy positief is, moet jou baba ook 14 dae lank by jou tuis bly

Sommige moeders wat met Covid-19 borsvoed, is bekommerd oor wat sal gebeur as hulle so siek word dat hospitalisasie nodig is.

In hierdie geval moet jou baba toegelaat word om voort te gaan met borsvoeding indien dit enigsins moontlik is.

Slegs in uiterste omstandighede, as ‘n skeiding van ma en baba as absoluut medies nodig geag word, kan moedersmelk met die hand uitgedruk of gepomp word.

Om ‘n baba in hierdie onsekere tye groot te maak, kan moeilik wees vir selfs die dapperste mamma, en dit is te verstane om meer gestres en bekommerd as gelukkig te voel.

Alhoewel dit natuurlik is om verward te wees oor hoe die koronavirus borsvoeding kan beïnvloed, moet jy weet dat daar baie hulpbronne beskikbaar is vir moeders wat borsvoed.

Dit is belangrik vir alle nuwe mammas om te weet dat hulle nie alleen is nie.

Bron: www.womenontop.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: