‘Geen protokol word gevolg,’ sê sosialemediagebruikers van samedromming buite hof

“Hierdie is ’n byeenkoms waar die virus vinnig kan versprei, maar die maskers word as chinwarmers gebruik.”

BLOEMFONTEIN. – “Indien hierdie ’n kerkbyeenkoms was en die mense het geen protokol gevolg nie, het die polisie al lankal iemand in hegtenis geneem,” lui een van die kommentare op ’n video wat wys hoe mense buite die hof, waar Ace Magashule vandag verskyn, bymekaarkom.

Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het vandag saam met sy medebeskuldigdes in verband met die asbes-ouditskandaal van R225 miljoen in die Bloemfonteinse hooggeregshof verskyn. MK-veterane en ander Magashule-ondersteuners staan buite die hof, al het die polisie glo probeer om die straat af te baken.

“Hierdie is ’n byeenkoms waar die virus vinnig kan versprei, maar die maskers word as chinwarmers gebruik,” sê ’n woedende sosialemediagebruiker.

Ander lewer weer kommentaar deur te sê hierdie byeenkoms en deur geen protokol te volg nie, kan daartoe lei dat Suid-Afrika weer sy inperkingsreëls strenger maak.

LEES OOK: Ace Magashule verskyn vandag wéér in die Bloemfon

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: