KAAPSTAD. – Manilisi Sphuhle (26) en Luthando Ngam (31) is in die streekhof op Stellenbosch tot 23 jaar tronkstraf vir die aanval op bessieboer Raymond O’Grady en sy vrou, Betty, op hul Hillcrest-bessieplaas in die Kaapse Wynland-distrik, gevonnis.
Oorval terwyl hulle geslaap het
Die O’Grady-egpaar is op 21 Augustus 2020 in hulle huis oorval terwyl hulle geslaap het. Die verdagtes was met messe en stokke gewapen.
Raymond is verskeie kere met ’n mes gesteek. Sy vrou Betty is glo in hul eie voertuig gedwing en deur die aanvallers beveel om te ry. Hulle het in die Kayamandi-township buite Stellenbosch uit die voertuig gespring waarna Betty ongedeerd huis toe gery het.
LEES OOK: 20 Jaar vir man wat vriendin doodbrand
Tydens die aanval het Sphuhle en Ngam R7 000 kontant, ’n horlosie, ’n goue ring en ’n iPhone gevat.
Raymond is na die voorval in die hospitaal opgeneem en het intensiewe behandeling ontvang.



