20 Jaar vir man wat vriendin doodbrand

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Mpho Thobane (29) is gister in die landdroshof in Johannesburg tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Thobane is skuldig bevind aan moord. Sy vriendin, Viwe Dalingozi (32), het in November 2018 in ’n Johannesburgse hospitaal aan ernstige brandwonde beswyk nadat Thobane haar vol petrol gegooi en in haar woonstel aan die brand gesteek het.

LEES OOK: Inspirasie vir die dag – Hoe om ’n warboel emosies te hanteer

Phindi Mjonondwane, streekswoordvoerder, sê op die dag van die voorval het die paar ’n argument gehad. Hy het gewag vir haar om aan die slaap te raak voordat hy haar vol petrol gegooi het en aan die brand gesteek het.