OKLAHOMA. – ’n Man (42) het glo sy buurvrou op 9 Februarie vermoor, haar hart uitgesny en dit vir sy familie gaargemaak en gevoer om van ‘demone ontslae te raak’. Daarna het hy na bewering sy oom (67) en niggie (4) doodgemaak sowel as sy tannie met ’n mes gesteek. Sy tannie het die aanval oorleef.
LEES OOK: 20 Jaar vir man wat vriendin doodbrand
Hy het sy buurvrou (41) glo in haar eie huis vermoor voordat hy haar hart na sy huis toe geneem het en dit met aartappel vir sy gesin gekook het.
Die man is dieselfde dag in hegtenis geneem. Die polisie het ’n paar dae later die lyk van die buurvrou gevind nadat hy die moord in ’n Oklahoma-hospitaal erken het. Hy word tans in die gevangenis in Grady County aangehou.
Die ondersoek duur voort.



