Inspirasie vir die dag – Hoe om ’n warboel emosies te hanteer

Deel hierdie storie / Share this story

Die vermoë om emosies te ervaar en uit te druk, is belangriker as wat jy sou besef. Dit is soms moeilik om jou emosies te hanteer, veral wanneer dinge als gelyk gebeur of wanneer jy deur ’n moeilike tyd gaan.

Hier is ’n paar wenke vir wanneer jou emosies jou oorweldig:

  • Gaan draf, stap of oefen.
  • Sommige mense vind dat dit help om ’n bokssak te slaan wanneer hulle gevoelens van woede of frustrasie ervaar.
  • Skryf in ’n dagboek.
  • Bel ’n goeie vriend.
  • Haal ’n paar keer diep asem.
  • Mediteer.
  • Gaan slaap.
  • Spandeer tyd in die natuur.

LEES OOK: Verdagte in verband met kabeldiefstal in hegtenis