Ashwill Thomas (10) speel tans potspel vir die onder 23-potspelspan vir die C-Pac Potspel-klub in die Noord-Kaap.
Esau Montzinger sê sy nefie, Ashwil, moet nou teen groter mans speel om ’n plek in die S.A’s te kry, omdat die Noord-Kaap nie ’n junior span het nie. Hy sê dit voel nie vir hom reg nie en sy neef kan nie sy volle potensiaal lewer nie omdat hy onder druk is. “Hoekom kan ons hom nie in ’n ander provinsie inskryf nie? Byvoorbeeld in Bloemfontein.”
Thomas het in 2019 begin potspel speel en is gereeld onder die top 10-spelers vir die onder 23-kategorie. Ashwill sê hy wil graag eendag ’n potspelkampioen wees en Suid-Afrika verteenwoordig.
Montzinger sê: “Dit gaan nooit gebeur as hy nie vir sy eie ouderdom begin speel nie.”
Rathnan Naidoo, voorsitter van die C-Pac Potspel-klub, sê Ashwill is goed in potspel. “Hy is die enigste junior speler in die Noord-Kaap en speel tans saam met die onder 23-jariges.” Naidoo sê Ashwill kan na ’n ander provinsie gaan as hy wil, maar dan verloor die Noord-Kaap hom. Dring hy nou met hierdie toernooi deur na die volgende rondte, sal hy in die S.A’s in die regte ouderdomskategorie speel.
Lees ook: 61 Honde word gered van ‘n wrede einde




