Met meer as een miljard gebruikers per maand, ‘n ultra-slim algoritme en talle kreatiewe rekeninge, is Instagram ‘n mededingende platform as jy jou rekening wil laat groei.
Gelukkig weet die webtuiste Later presies hoe jy jou besigheid kan laat uitstaan en meer aanhangers op Instagram kan kry – sodat jy slimmer en nie harder werk nie.
Hier is 14 nuwe maniere, in ‘n neutedop, om jou teikengehore te bereik en meer Instagram-volgers in 2021 te kry:
- Gebruik Instagram reels
- Optimaliseer jou profiel vir die soekfunksie
- Skep ‘n IGTV-reeks
- Wees meer inklusief en uiteenlopend
- Werk met mikro-beïnvloeders
- Skep outentieke en deelbare inhoud
- Deel Instagram-inhoud op ander sosiale platforms
- Skryf langer onderskrifte
- Eksperimenteer met Instagram lives
- Skep ‘n virale Instagram-uitdaging of -spel
- Stel ‘n hutsmerk in
- Deel memes wat jou gehoor sal geniet
- Skep ‘n persoonlike Instagram Stories-filter
- Vorm deel van wonderlike handelsmerke
Lees meer hier oor elk van hierdie strategiese wenke om jou Instagram-rekening te laat groei en hoe jy dit in 2021 kan begin implementeer.



